Boodskap vir Vandag

Search

Kom Heilige Gees!

Die Gees en die bruid sê: “Kom!” En elkeen wat dit hoor, moet sê: “Kom!” (Openbaring 22:17).

Van die verskillende dimensies of bestaanswyses van die Drie-enige God, bly die Heilige Gees, die Gees van Christus wat in ons woon, waarskynlik die mees geheimsinnige en onbegryplike.

Terselfdertyd is dit dié kant of werk van God waaroor ons ons die meeste kan verwonder. Waaruit ons ook die meeste troos en bemoediging kan put.

Soos die digter wat in ‘n gedig Veni Sancte Spiritus! Kom Heilige Gees! die volgende oor die Gees se geheime werk geskryf het.

jy is die Trooster wat altyd mik na ons sagter weefsels, ons verwarde en verwese helftes

daar waar ons yl en dom is – ‘n magdom messe deur ons brose vel voel steek, ons hart soos rou vlees bloei

maar óók – gelukkig – waar ons ore jeuk en oopknak, ons oë hulle opsleep uit die slaap, ons vingers een vir een ontkramp

 uitreik na jou kleed waar jy, ‘n sagte wind, voortdurend téén en óm en ín ons ruis.

Kom, Gees van God, raak vandag weer aan my wonde, heel my gemoed, besweer my ongeduld – selfs haat – troos my met u liefde. Amen

Carel Anthonissen

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed