Boodskap vir Vandag

Search

Oor die woord geborgenheid

Rig julle gedagtes op die dinge wat daarbo is, nie op die dinge wat op die aarde is nie, want julle het gesterwe, en julle lewe is saam met Christus verborge in God (Kolossense 3:2-3).

Onlangs tydens haar middagprogram vra die bekende omroeper van RSG, Amoré Bekker, die hulp van luisteraars om die betekenis van sekere woorde op te klaar.

Die woord wat dié betrokke middag ter sprake kom, is die woord “geborgenheid”.

Ek luister met groeiende verbasing hoe baie luisteraars kleitrap, selfs hopeloos verdwaal en mis skiet in hulle pogings om by die betekenis van die woord uit te kom. Miskien was dit omdat die woord in my eie lewe so ‘n belangrike en troosvolle rol gespeel het en steeds speel dat ek dié gestoei met belangstelling volg.

Want die woord beteken tog eenvoudig net om veilig te wees – omsluit, verskans, vas, seker. In die Bybel dui geborgenheid spesifiek op die veilige en onaantasbare staat waarin ons as mense verkeer, danksy die betroubare sorg van God: God se liefde in en deur Christus wat ons elke dag op ‘n misterieuse, maar wonderlike wyse omsluit, vashou en dra.

Oor hierdie liefde en hoe ons lewe daarin verborge én geborge is, skryf Paulus aangrypend in Kolossense 2-3.

Gaan lees dit gerus weer. Dit is oneindig troosvol.

O Here, dankie dat ons lewe vandag weer in U vas, veilig en seker, ja geborge is. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms deur die geloof van kinders, gesinne, en lidmate te versterk…

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.