Boodskap vir Vandag

Search

In die kring

Walter Brueggemann, ʼn Ou-Testamentikus, herinner ons dat Lydenstyd ʼn tyd van eerlikheid is (“a season of honesty”). Dit beteken dan seker iets soos die splinter en die balk (Matt 7:3). Of die besef dat in ’n verhouding die ander persoon nie noodwendig die probleem is nie, maar jy self.

Eerlikheid in Lydenstyd is die insig om die dinge wat ander doen en wat jy oordeel, te erken as dinge waartoe jy self ook die potensiaal het. In Jesse Kellermann se boek The executor ontmoet die leser ’n jong filosoof wat aanvanklik baie positief en amper naïef-onskuldig oorkom. Iets kom egter oor sy pad en ná die eerste helfte van die boek versnel die tempo en binne ’n oogwink is hy vir twee mense se dood verantwoordelik. Dié boek laat ’n mens besef: Niemand staan buite die kring van sondaars nie.

Lydenstyd is nie ’n tyd vir blinkpoets nie, maar vir eerlikheid. Miskien maak eerlikheid ons meer vry as toeplak en voorgee. Die nagmaal is tog vir dié wat in hulle eerlikheid na Christus se vryspraak verlang.

Lisel Joubert

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Deel die goeie nuus van Jesus

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed