Boodskap vir Vandag

Search
Close this search box.
Search

Die belangrikste vraag

Hy is nie ’n God van dooies nie, maar van lewendes (Markus 12:27).

‘n Ruk gelede vra iemand my prontuit of ‘n mens regtig in die opstanding van Jesus kan glo.

Dié vraag gaan my ter harte.

As moderne mens, teoloog en gelowige wat geïnteresseerd is in die huidige debatte oor die waarheid en geldigheid van die Bybelse getuienis en aansprake dat Jesus opgestaan het uit die dood, soek ek self bevredigende antwoorde.

Vir my het dit mettertyd duidelik geword dat daar ‘n belangriker en dieper vraag hieroor bestaan. Dit is die vraag na die bestaan van God. Want indien ons die bestaan van God aanvaar, aanvaar dat daar ‘n hoër wese as die mens is, een wat alles geskep het en hierdie skepping steeds dra en onderhou, dan word alles moontlik.

Dan kan die God wat magtig is om lewe uit niks te skep, inderdaad ook nuwe lewe uit die dood laat verrys. Dan kon God Jesus uit die dood opgewek het.

Die katolieke teoloog, Hans Küng, wat in sy boek “On being a Christian” ‘n groot gedeelte wy aan die misterie van Jesus se opwekking uit die dood, beaam nie net hierdie feit nie – hy skryf uiters boeiend en insiggewend daaroor.

Luister net:

“The resurrection faith is not an appendix to faith in God, but a radicalization of faith in God. It is a faith in which man, without strictly rational proof, but certainly with completely reasonable trust, relies on the fact that the God of the beginning is also the God of the end, that as he is the Creator of the world and man so too he is their Finisher.”

“It is precisely in the face of death that God’s power, hidden in the world is revealed. Man cannot work out for himself the resurrection from the dead. But man may in any case rely on this God who can practically be defined as the God of the living and not of the dead.”

“Anyone who seriously believes in the living God believes therefore also in the raising of the dead to life, in God’s power which is proved at death. As Jesus retorted to the doubting Sadducees: ”You know neither the Scriptures nor the power of God.”

Inderdaad is dit die vraag: Of ons die wonder van God se mag en liefde ken en daarin glo?

Here, dankie dat U ‘n lewende God is wat vandag nog nuwe lewe kan skep. Amen

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.

Daaglikse Inspirasie

Die Boodskap vir Vandag-app is nou beskikbaar vir jou selfoon.
Installeer dit vandag nog.