Boodskap vir Vandag

Search

Oopoog in nederige toewyding.

Vrouens, wees aan julle mans onderdanig, net soos julle aan die Here onderdanig is … Mans, julle moet julle vrouens liefhê soos Christus die gemeente liefgehad het en sy lewe daarvoor afgelê het … Die mans behoort hulle vrouens so lief te hê soos hulle eie liggame (Efesiërs 5:22, 25 en 28).

Die groot resep vir ‘n gelukkige huwelik of vaste verhouding is in Paulus se vermanings hieroor aan die gemeente in Efese vervat (Efes 5:21-32).

Soos baie in daardie tyd, was egpare in die gemeente ook blootgestel aan die sogenaamde moraal van die bos waar elkeen vir eie belang geleef het. Boonop binne ‘n kultuur waar die man sy gesag ongebreideld kon laat geld en misbruik.

In só ‘n situasie bind Paulus man en vrou aan die voorbeeld van Christus, aan sy volgehoue en alles-opofferende liefde vir sy gemeente en kerk.

Hierdie liefde vra nederige en eerbiedige – nie slaafse nie – toewyding en onderdanigheid aan mekaar (Efes 5:21). Dit vra ook dat man en vrou hulle onderskeie rolle teenoor mekaar duidelik sal definieer, onderhandel en omhels. In Paulus se tyd – en dit kan verander – het dit beteken dat die vrou haar man sou toelaat om leiding te gee (Efes 5:22-24), terwyl die man moes waak om nie sy vrou te misbruik, onderskat of onnodig te domineer nie.

Hy moes haar eerder respekteer, versorg en bly koester soos hy met sy eie liggaam sou doen (Efes 5:25-30).

In alles moet die unieke liefde van Christus die deurslag gee. Wat beteken dat man en vrou te alle tye sensitief en oopoog teenoor mekaar sal leef. En nooit sal ophou om te deel en te gee nie: tyd, aandag, respek, sorg, belangstellings, ja, uiteindelik selfs hulle lewe.

Kortliks: Die liefde vra dat ons mekaar sal bly dien soos Christus met ons gedoen het en deur sy Gees steeds doen.

Wie dit aanpak, sal baie geleenthede vir viering en vreugde in hulle huwelike en verhoudings ervaar.

Here God, dankie vir Christus se liefde waaruit ons vandag weer kan gaan leef. Help ons om dít die rigsnoer vir ons verhoudings te maak. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe teen die prys van ’n koppie koffie

Maak ’n Dankoffer

Deel jou dankbaarheid deur ’n dankoffer

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap elke dag

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms

Bybels vir Almal

Help om God se Woord in elke huis te bring

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.