Boodskap vir Vandag

Search

Oor Arthur en Will

Maar ek vertrou op U, Here, ek sê: U is my God (Psalm 31:15).

Hoe verfrissend om ouer mense te ontmoet wat jonk van gees en verstand gebly het.

Soos die 93-jarige vrou wat nie net eindelose verhale uit die verlede kan opdiep en in groot detail oorvertel nie, maar dit boonop met groot kleur en humor kan doen.

Tina, soos almal haar ken, is vandag vanweë haar sterk persoonlikheid en merkwaardige geheue, die middelpunt en gees van die plek waar sy woon. Haar medebewoners en vriendinne bewonder haar en volg enige dag haar goeie raad, die ouderdom ten spyt.

Sy is boonop ‘n groot rugbyentoesias. Meeste Saterdae tydens die seisoen sluit sy haar deur sodat sy sonder steurnis haar glasie Olof Bergh en die rugbyuitsending kan geniet.

Een Saterdag het sy haar span so luid en driftig aangemoedig dat die bure gedink het daar is fout. Dit het die matrone gekos om die loper te gebruik om die ware toedrag van sake uit te vind.

Dit is dat sy maar net haar span met oorgawe ondersteun.

Haar twee groot vriende op dié stadium, so vertel sy met ‘n skelm glimlag, is natuurlik Arthur en Will. En wanneer mense vraend opkyk en wonder, lig sy toe: “Maar julle behoort hulle tog te ken – artritis en ‘will power'”.

In haar geval is Will nog heelwat sterker as Arthur.

Want so hoort dit – glo sy – by ‘n mens wat op God vertrou.

Here, gee ons vandag weer daardie vertroue en geloof wat ons blymoedig en vol entoesiasme sal hou, al is ons ook ouer. Amen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe teen die prys van ’n koppie koffie

Koorde vir die Koning

Laat lof weerklink met Christelike musiek

Kamera op die Kruis

Rig ander se fokus op die Here

Kinders van die Lig

Gee geloof en hoop aan kinders

Vriende van Kerkbode

Raak ’n vriend van Kerkbode

Herinneringe van Hoop

Help om herinneringe te bewaar

Building Bridges

Bridging the gap between prisoners and the community

Maak ’n Dankoffer

Deel jou dankbaarheid deur ’n dankoffer

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap elke dag

Laat ‘n Ligspoor

Laat kinders leef met lig, lag en liefde

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.