Boodskap vir Vandag

Search

Wanneer die kommer en angs ons verlam

“Kyk na die wilde voëls: hulle saai nie en hulle oes nie en hulle maak nie in skure bymekaar nie; julle Hemelse vader sorg vir hulle. Is julle nie baie meer werd as hulle nie?” (Matt 6:26).

Volgens kenners is daar allerlei struikelblokke wat ons kan keer om eg teenwoordig te wees en só ʼn meer bewuste, gesonde en sensitiewe lewe te geniet.

ʼn Eerste struikelblok is vrees en bekommernis oor die toekoms.

Sulke bekommernisse kan ons bewussyn so oorspoel, ons gedagtes so vertroebel en oorheers dat ons nie meer in staat is om helder en nugter te dink nie.

Vasgevang in die sorge van môre – die huur of belasting wat binne dae betaal moet word, die dringende werk wat moet klaarkom, die motor wat herstel moet word, ons kind se probleme wat hanteer moet word, ons wankelende huwelik – verloor ons perspektief en sien ons nie meer die hoopvolle uitkomste wat wel in die hede op ons wag nie.

In plaas daarvan om kalm te raak, ons probleme vas in die oë te kyk en nuwe opsies te oorweeg, raak ons óf angstig aan die hardloop, sonder om iets konstruktiefs te vermag, óf ons word so verlam, selfs depressief onder die gewig van ons sorge, dat ons ons lus vir die lewe verloor.

Wanneer dié gevoel ons oorval, is dit tyd om weer na Jesus se woorde in Matteus 6:25-34 te luister. Hoor jy dit? Hoe Hy jou terugroep na die hede; hoe Hy jou aanmoedig om meer bewustelik rondom jou te kyk na die wilde voëls en die veldlelies. En om te sien hoe daar vir hulle gesorg word!

Ook om te besef dat jy veel kosbaarder in God se oë is, selfs al sukkel jy nou.

Here, ek sukkel vandag. Die angs en bekommernis het net te veel geraak. Dit dryf my tot raserny, maak my moedeloos. Selfs u woord maak nie vandag sin nie. Hoor tog waar ek nou na U roep. Gee tog ʼn uitweg. Amen.

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe teen die prys van ’n koppie koffie

Koorde vir die Koning

Laat lof weerklink met Christelike musiek

Kamera op die Kruis

Rig ander se fokus op die Here

Kinders van die Lig

Gee geloof en hoop aan kinders

Vriende van Kerkbode

Raak ’n vriend van Kerkbode

Herinneringe van Hoop

Help om herinneringe te bewaar

Building Bridges

Bridging the gap between prisoners and the community

Maak ’n Dankoffer

Deel jou dankbaarheid deur ’n dankoffer

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap elke dag

Laat ‘n Ligspoor

Laat kinders leef met lig, lag en liefde

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.