Boodskap vir Vandag

Search

Die stil wonder van lekker kos

Toe het Abraham botter en melk en die kalf wat voorberei is, gevat en voor die mans neergesit, en hulle het daar onder die boom geëet terwyl hy hulle bedien (Gen 18:8).

ʼn Goeie voorbeeld van hoe mense uit voeling kan raak met die hede en onbewustelik in sekere ou en ongesonde lewenspatrone kan vasval, het met ons eetgewoontes te make.

Tereg wys die skrywer John-Kabat Zinn daarop dat as daar een aktiwiteit is waarby al die mens se sintuie betrokke is, dit is wanneer ons eet. En tog, voer hy aan, eet die meeste mense sonder enige sterk bewussyn hiervan.

Gevolglik word daar nie fyn geluister na en aandag gegee aan die liggaam se waarskuwing dat ʼn punt van versadiging bereik is nie. Trouens, presies wanneer hulle genoeg gehad het om te eet, raak baie mense se oë, spreekwoordelik gestel, groter as hulle maag en hulle ooreet hulleself.

Toe die man wat die oudste in die wêreld geword het by geleentheid gevra is waaraan hy sy hoë ouderdom toeskryf, het hy onder meer laat val dat, naas goeie gene, hy sy lewe lank ʼn goue reël ten opsigte van sy eetgewoontes gehandhaaf het.

Hy het altyd só geëet, vertel hy, dat hy nog plek in sy maag gehad, maar diep binne-in geweet het: Dit was wel nou genoeg.

Hierdie soberheid en selfbeheersing wat die geheim tot ʼn gesonde lewe is, is terselfdertyd die goeie vrug van ʼn meer bewuste en teenwoordige lewe. Een waarin jy nie gulsig en oorhaastig alles wat voor jou neergesit word, breinloos en onnadenkend verorber nie, maar stadig geniet; een waarin jy met aandag en dankbare respek, terwyl jy ook na jou liggaam luister, die wonderlike gawe van ʼn geurige gereg proe en met goeie smaak en styl eet en sluk.

John O’Donohue se woorde is hier volledig van toepassing. In ʼn stuk oor egte teenwoordig-wees, skryf hy: “Take time to celebrate the quiet miracles that seek no attention.”

Lekker kos bly een so ʼn stil wonder wat wel aandag vra, maar dit nie self soek nie.

O Here, dankie vir die gawe en stil wonder van lekker kos. Help ons om dit elke dag met aandag, verwondering en respek te geniet, gedagtig aan baie wat niks het nie. Amen.

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe teen die prys van ’n koppie koffie

Maak ’n Dankoffer

Deel jou dankbaarheid deur ’n dankoffer

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap elke dag

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms

Bybels vir Almal

Help om God se Woord in elke huis te bring

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.