Boodskap vir Vandag

Search

‘n Tyd van versugting

As U maar die hemel wou oopskeur en afkom (Jesaja 64:1).

Ons het die afgelope naweek Advent begin vier.

Advent is ‘n tyd van versugting en verlange dat God tog sal kom en die onreg en chaos van ons wêreld sal opruim, ja, dat God ons lewe as individue, maar ook as gemeenskap, sal vernuwe.

Soos Jesaja, verlang ons tydens Advent: “As U maar die hemel wou oopskeur en wou afkom.” In dié tyd roep ons: “Kom af soos vuur, ja, brand en vernietig die kwaad, die onreg, die leuen, die gierigheid.”

Want sien, ons wêreld is nie in orde nie. Ons samelewing is siek. Daagliks word ons gekonfronteer en selfs oorweldig deur nuus van nóg ‘n misdaad, nóg ‘n diefstal, nóg ‘n moord, nóg korrupsie. Dit is erg en ons is, soos iemand dit stel, nie aldag meer seker of ons geloof alles kan verduur wat ons oë so onwillig moet aanskou nie.

Dit is veral nie in orde dat God te midde van dié onrus skynbaar afwesig is nie, dat God swyg, ons aan ons lot oorlaat nie.

Daarom moet ons bly sug, bly roep, bly aandring en bly bid.

Sodat God kan kom.

Kom tog Here, kom tog haastiglik. Laat ons nie alleen nie. Amen.

Carel Anthonissen

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.