Boodskap vir Vandag

Search
Close this search box.
Search

Onthou tog Here!

Moet tog nie aanhou kwaad wees vir ons nie, Here … onthou tog, ons is almal u volk (Jesaja 64:9).

Die versugting dat God die hemel moet skeur en moet afkom, word nie net deur die volk se besef van sonde en ellende gemotiveer nie (Jes 64:6-7).

Dit word veral ontsluit deur die hardnekkige hoop en vertroue dat God hulle nie sal vergeet nie. En daarom ook sal vergewe.

Daarvoor bid Jesaja namens die volk, daarop beroep Hy hom in dié tyd van lyding en ellende. Dat God tog sal onthou – sal onthou dat hulle sy volk is (Jes 64:9) en Hy hulle Vader, dat Hy hulle gemaak het, ja, soos klei gevorm het (Jes 64:8).

Ook destyds bevry en gelei het (Jes 63:11-14).

Wie só roep, aanhoudend en geduldig met brandende hoop, kan daarop reken dat God sal kom.

Weliswaar op maniere en met wonders wat ons nie altyd verwag nie (Jes 64:3).

Jesus se koms wys dit tog duidelik.

Here, hoor ons vandag wanneer ons roep. Onthou tog dat U ons gemaak het. Amen.

Carel Anthonissen

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.