Boodskap vir Vandag

Search
Close this search box.
Search

Van depressie na ekspressie

‘n Vrolike mens is ‘n gesonde mens, ‘n neerslagtige mens raak uitgeput (Spreuke 17:22).

Meeste geleerdes stem saam dat depressie vandag ‘n veel groter probleem as vroeër jare is en meer wyd verspreid.

Hierin speel die druk en spoed van ons huidige prestasie- en konsumpsiekultuur natuurlik ‘n groot rol. Dit is byna asof baie mense se fisiese en emosionele raamwerk net nie sterk en gesond genoeg is om die veelvuldige aansprake van ons moderne kultuur sinvol te hanteer en te verwerk nie.

En dan is die uitkoms voorspelbaar: Een of ander tyd knak hulle onder die onophoudelike druk.

Hoe om hiermee om te gaan sodat jy, te midde van druk, steeds met ‘n gevoel van kalmte, nugterheid en geluk kan bly leef – dít is die groot vraag.

‘n Vrou maak onlangs ‘n opmerking wat myns insiens ‘n belangrike leidraad in dié verband bied. Volgens haar is die raad teen depressie die vermoë tot en keuse vir ekspressie. Dit is daardie vermoë om gedurig lug te gee aan die spanning, angs en frustrasie wat jou lewe so belas.

Dit kan op baie maniere gebeur. Sommige vind ‘n gewillige oor waar hulle hulle spanning kan verwoord en ontlaai. Ander spring elke oggend op ‘n fiets, gaan ‘n ver ent stap of raak stil in die natuur. Nóg ander vind ‘n kreatiewe en gesonde stokperdjie soos lees, skryf of musiekmaak om die spoke van depressie te verwilder.

Hoe jy ook al jou donker dae hanteer, feit is: Sulke kanale vir ekspressie is noodsaaklik vir ‘n gesonde gees.

O Here, wys ons daardie middele of kanale wat ons spanning kan help verlig. En gee ons die energie om dit te benut. Amen

Carel Anthonissen

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.

Daaglikse Inspirasie

Die Boodskap vir Vandag-app is nou beskikbaar vir jou selfoon.
Installeer dit vandag nog.