Boodskap vir Vandag

Search
Close this search box.
Search

‘n Kerfeesvoorneme

Die boodskap van Christus moet in sy volle rykdom in julle bly (Kolossense 3:16).

Iemand opper onlangs dié ontstellende vraag ten opsigte van die broosheid van ons huidige sosiale en politieke bestel: “Verkeer Suid-Afrika op die rand van ‘n afgrond, of (erger nog) is ons land besig is om te versink in ‘n donker gat waaruit ons nooit weer sal kom nie?”

Natuurlik sal net die tyd ons leer waarheen alles loop.

Wat wel duidelik is, is dat ons tans ‘n gevaarlike verval van goeie en beproefde waardes beleef – ‘n verskynsel wat niks goeds vir ons toekoms inhou nie. Wie dit byvoorbeeld daagliks op ons paaie waag, sien dit oop en bloot: die gebrek aan eerbied, onverskilligheid en traak-my-nie-agtigheid.

Vandeesweek weer was daar ‘n berig oor slegte toestande by ‘n bekende Kaapse hospitaal. En dit omdat die mense wat verantwoordelik is, nie omgee nie, nie sorg nie, nie opruim nie – uitermate slordig en disrespekvol lewe.

‘n Mens kan natuurlik inval by dié patroon … en baie doen dit ook. Hulle laat eenvoudig Gods water oor Gods akker loop, sonder om ‘n lid te verroer of ‘n duit om te gee.

Vir mense wat egter aan die koninkryk van Christus glo, aan die evangelie wat nuwe lewe en hoop knoop aan selfprysgawe en offerbereidheid, sal só ‘n houding onmoontlik wees. Juis dié verval en agteruitgang, sal hulle noop om op te staan vir iets beters, om soberder en minder selfsugtig en slordig te lewe, ja, om nóg harder te werk sodat ons samelewing meer gelyk, gelukkig en gesond kan wees.

Is dit nie waartoe Kersfees ons vanjaar moet beweeg nie? Om te sorg dat die boodskap van Christus is sy volle rykdom in ons bly nie (Kol 3:16)?

O Here, help ons om, soos U, met groter soberheid, eenvoud en liefde in die Kersgety te lewe. Amen

Carel Anthonissen

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.