Boodskap vir Vandag

Search

Kom kyk!

Kom saam, dan sal julle sien (Johannes 1:39).

Hoe troosvol die boodskap van epifanie ook al mag wees, naamlik dat God in Christus onder ons verskyn het, bly dit steeds moeilik om dié waarheid te glo.

Veral vir moderne, ingeligte mense wat klinkklare bewyse soek, klink hierdie getuienis of aanspraak dat Jesus die seun van God was, uiters vergesog.

Hoe goed om dan te weet dat daar ander voor ons was wat dieselfde gevoel het. Trouens, reeds in Jesus se tyd roer hierdie gees van skeptisisme. Natanael was byvoorbeeld maar een van baie wat destyds gewonder het hoe die eenvoudige seun van Josef die langverwagte Messias kon wees (Joh 1:46).

Op sy skeptiese vraag (Joh 1:46), is daar uiteindelik geen klinkklare bewys of antwoord nie – net ’n eenvoudige uitnodiging: “Kom kyk” (Joh 1:46). Hierdie kort, maar kragtige woord sluit aan by ’n vroeëre, soortgelyke uitnodiging van Jesus: “Kom saam, dan sal julle sien” (Joh 1:39).

Uiteindelik lê die toets vir die waarheid dat Jesus God se trou en liefde teenoor mense verteenwoordig het, in ons bereidwilligheid om te gaan kyk, om betrokke te raak, ja, om eerliker en ernstiger te gaan soek.

Die vraag is of ons kans sien vir hierdie avontuur?

O Here, gee ons vandag weer die moed om soos die dissipels self te gaan kyk wie U regtig is. Amen

Carel Anthonissen

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.