Boodskap vir Vandag

Search

God wéét van jou

“Voordat Filippus jou geroep het,” antwoord Jesus Hom, “toe jy nog onder die vyeboom was, het Ek jou al gesien” (Johannes 1:48).

Wie soos die dissipels gehoor gee aan die uitnodiging om self te gaan kyk of vas te stel wie Jesus is, maak gewoonlik, aldus Johannes 1:43-51, ‘n paar verrassende ontdekkings.

Eerstens ontdek hulle, soos Natanael, die selferkende skeptikus, dat hulle gesien en geken is, lank voordat hulle self daarvan bewus was.

Uit ons alledaagse lewe weet ons reeds wat dit beteken wanneer iemand ons raaksien, ken en waardeer. Om soos Natanael deur Jesus, ja, deur God self gesien en geken te word, was (en is vandag steeds) veel méér dramaties en betekenisvol.

Dit beteken onder andere dat ons soos Jakob, ondanks ‘n donker verlede, steeds aanvaar en omhels word (Gen 33:28). Dat ons, soos Petrus, begryp en vergewe is (Luk 22:61). Ja, dat ons soos die psalmdigter mag weet: “Ek is van alle kante omsluit, ek word gelei en vasgehou – elke oomblik, elke dag, selfs in my donkerste uur” (Ps 139:1-18).

Wie dít ontdek het én glo, se lewe bly gevul met bewoë en dankbare verwondering (Ps 139:14).

Dit kan nie anders nie.

Here, help my vandag om vas te hou aan die wete dat U my ken. En om daaroor verwonderd te bly. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe teen die prys van ’n koppie koffie

Koorde vir die Koning

Laat lof weerklink met Christelike musiek

Kamera op die Kruis

Rig ander se fokus op die Here

Kinders van die Lig

Gee geloof en hoop aan kinders

Vriende van Kerkbode

Raak ’n vriend van Kerkbode

Herinneringe van Hoop

Help om herinneringe te bewaar

Building Bridges

Bridging the gap between prisoners and the community

Maak ’n Dankoffer

Deel jou dankbaarheid deur ’n dankoffer

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap elke dag

Laat ‘n Ligspoor

Laat kinders leef met lig, lag en liefde

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.