Boodskap vir Vandag

Search
Close this search box.
Search

Bekeer julle!

Bekeer julle en glo die evangelie (Markus 1:15).

Bekering is nie ‘n baie gewilde woord nie.

Vir baie roep dit onaangename herinneringe op. Van toe een of ander vroom prediker of Christen jou destyds in die geloof wou inforseer. Wat dikwels beteken het dat jy jou plesiere en vryhede moes prysgee.

Selfs ietwat minagtend met jou eie lewe moes omgaan.

Ondanks dié negatiewe assosiasies, bly bekering, reg verstaan, steeds ‘n baie belangrike woord. Vir Jesus was bekering die toegang tot God se koninkryk, die manier om in te pas te kom met God se droom vir ons wêreld, om deel van Jesus se eie “stille revolusie” op aarde te word.

Bekering is om die eensydige en ongesonde preokkupasie met jou eie persoonlike belange en gerief op te skort en, soos Jesus, ja, in navolging van Hom, ruimte vir ander te begin maak en skep.

Dit is om, in die woorde van die vroulike teoloog Elizabeth Malbon, toegang tot heling en gesondheid te help skep vir almal wat destyds, maar ook vandag nog, daarvan uitgesluit is: vroue, kinders, armes, siekes, vreemdelinge.

Deur daarheen te draai, kom ons nie net in pas met God se agenda vir die wêreld nie, maar ook met ons eie roeping as mense.

Ja, so help red ons aan die aarde.

Here, leer my vandag die waarde van bekering. Draai my na u droom toe. Amen

Carel Anthonissen

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.