Boodskap vir Vandag

Search

Die dissipline van reg te begin

Ek wil vroeg opstaan, met harp en lier wil ek die rooidag wakker maak (Psalm 108:3).

Bekering, die bewustelike toekeer tot die orde en ritme van God se daaglikse werk in ons lewe, is nie alleen ‘n voortdurende proses nie.

Dit verg ook ‘n bepaalde dissipline en toewyding.

In dié verband bly die afskop van ons dag, die manier waarop ons dit begin, van die uiterste belang. Want ons almal weet: Voor jy jou kom kry, het die werk, en nog erger, die ritme en spoed van ons samelewing met al sy omstrede eise, kompulsies en verdagte waardes, jou meegesleur en ingesluk.

Sodat jy baie oppervlakkiger en sekulêr begin leef as wat jy self verlang of as wat by ‘n Christengelowige pas.

Die teoloog, Dietrich Bonhoeffer, het die waarde van vroeg opstaan en reg begin in die tyd van sy gevangenskap goed besef. Gepla deur die versoekings wat alleenheid kan bring, skryf hy aan sy vriend, Eberhard Bethge, dat daar niks is wat die spinnerak van ongesonde drifte so verdryf as ‘n koue stort vroeg in die môre nie.

Hierdie afskop of begin sal van persoon tot persoon verskil. Miskien sal dit ‘n oomblik van stilte wees of stap om die blok, ‘n ent met jou fiets – of eenvoudig ‘n lekker ontbyt saam met die familie of ander mense.

Jy sal wéét watter ritueel of dissipline jou kan help om jou dag reg te begin sodat jou lewe iets van Christus se gees kan adem.

Here, gee my die dissipline om my dae in u Naam te begin. Amen

Carel Anthonissen

Vriende van Kerkbode

Raak ’n vriend van Kerkbode

Herinneringe van Hoop

Help om herinneringe te bewaar

Building Bridges

Bridging the gap between prisoners and the community

Maak ’n Dankoffer

Deel jou dankbaarheid deur ’n dankoffer

Hoekstene van Hoop

Bou saam aan geestelike huise

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms

Bybels vir Almal

Help om God se Woord in elke huis te bring

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap elke dag

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders

Laat ‘n Ligspoor

Laat kinders leef met lig, lag en liefde

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.