Boodskap vir Vandag

Search

Met die voete van ‘n duif

‘n Wyse mens praat verstandig en kies sy woorde so dat hy ander kan leer (Spreuke 16:23).

As volgelinge van Jesus word ons ook geroep om met ‘n bepaalde gesag en oortuiging op te tree en te praat.

Maar wat beteken dit prakties? Wat behels hierdie gesag?

Vir eers beteken dit beslis nie dat ons ander oordonder of oorweldig met ons eie opinies, vooroordele of wyshede nie. Só ‘n benadering spreek van ‘n outoritêre houding wat meesal grens aan arrogansie, beterweterigheid en selfs vermetelheid.

Nee, die gesag waarmee Jesus opgetree het, is gebore in die stille omgang met sy Vader en gedra deur sy Gees. En hoewel nooit apologeties of onseker nie, was Jesus se optrede altyd gekenmerk deur nederigheid en ‘n egte besorgdheid oor ander.

Sprekend in die naam van God, beslis maar sag, het Jesus met gesag ingetree vir ander. Ook vir sy teenstanders. En ja, selfs die Bose aangevat en vermaan.

Die filosoof, Friedrich Nietzsche, het op ‘n stadium hierdie soort gesag en leiding waarna die wêreld vandag dringend verlang, só verwoord: “It is the stillest words which bring the storm. Thoughts that come on doves’ feet guide the world.”

‘n Mens noem dié soort gesagvolle en geneeskragtige woorde ook wysheid.

O Here, gee ons vandag daardie wysheid wat mense kan lei en genees, en ook die wêreld kan verander. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe teen die prys van ’n koppie koffie

Maak ’n Dankoffer

Deel jou dankbaarheid deur ’n dankoffer

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap elke dag

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms

Bybels vir Almal

Help om God se Woord in elke huis te bring

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.