Boodskap vir Vandag

Search

‘n Vermoeiende stokperdjie

Toe sê die manne vir hulle: “Waarom soek julle die Lewende by die dooies?” (Lukas 24:5).

As mense is ons nie net geneig om ons probleme of krisisse uit te stel en só die gevaar te loop om onverhoeds daardeur betrap of oorrompel te word nie.

Ons ander kwaal is om wanneer die krisis of ongeluk wél kom, daarin vas te val of ongesond daarop te bly broei – ook eindeloos daaroor te tob. Só laat ons toe dat ons probleme ons nie net verlam nie, maar ook negatief en swaarmoedig stem.

Selfs daartoe lei dat ons onsself verontskuldig en ander blameer.

Party mense maak van dié negatiewe en selfs oneerlike speletjie ‘n vermoeiende stokperdjie.

In dié verband hoor ek onlangs die volgende wyse woorde: “Don’t communicate so long with the dead, that you forget to live.”

Dit is byna of ‘n mens die engele hier hoor praat toe hulle kort ná Jesus se opstanding die vroue vermaan het: “Waarom soek julle die Lewende by die dooies?” (Luk 24:5).

Wat beteken: Ons moet ophou broei en gaan lewe.

Dus, kom aan die gang, daar is baie goeie dinge wat op jou wag!

O Here, bewaar ons daarvan om onnodig op ons probleme te broei. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe teen die prys van ’n koppie koffie

Koorde vir die Koning

Laat lof weerklink met Christelike musiek

Kamera op die Kruis

Rig ander se fokus op die Here

Kinders van die Lig

Gee geloof en hoop aan kinders

Vriende van Kerkbode

Raak ’n vriend van Kerkbode

Herinneringe van Hoop

Help om herinneringe te bewaar

Building Bridges

Bridging the gap between prisoners and the community

Maak ’n Dankoffer

Deel jou dankbaarheid deur ’n dankoffer

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap elke dag

Laat ‘n Ligspoor

Laat kinders leef met lig, lag en liefde

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.