Boodskap vir Vandag

Search

‘n Rug van staal

Hy het die duiwels nie toegelaat om te praat nie, omdat hulle geweet het wie Hy is (Markus 1:34).

Wie Jesus se lewe goed bekyk, sal onvermydelik onder die indruk van sy grenslose liefde, groot verdraagsaamheid en opvallende nederigheid kom.

Ons moet egter versigtig wees om dit nie verkeerd te verstaan nie. Asof dit ‘n onkritiese gedienstigheid is, ‘n swak en minderwaardige slawe-mentaliteit, soos wat die filosoof, Nietzsche, dit aangedui het.

Nee, Jesus het, soos iemand dit eenmaal uitgedruk het, “‘n rug van staal” gehad. Daarmee het Hy inderdaad baie mense met al hulle kwale voortdurend gedra en verdra. Maar daarmee het Hy ook, waar nodig, met beslistheid opgestaan teen onreg en verderf. Ja, Jesus het ook geweet hóé om grense te trek en néé te sê.

Ons sien dit duidelik in sy optrede teen die duiwels in Markus 1:34. Ironies genoeg het die duiwels skynbaar meer van Hom geweet as die gewone mense. Maar dit kon verkeerde verwagtings skep. Daarom verbied Hy hulle om te praat – beslis, streng, duidelik.

Hier is ‘n les te leer. Terwyl ons ook soos Jesus geroep is om altyd liefdevol en buigsaam teenoor mense te wees, moet ons in sekere situasies ook leer om néé te kan sê, om grense te trek, om by wyse van spreke ons rug styf te maak.

En dit nie net ter wille van ander se welstand nie, maar veral ook ter wille van ons eie gesondheid.

Here, gee ons vandag weer die onderskeidingsvermoë om te weet wanneer om nee te sê. Amen

Carel Anthonissen

Vriende van Kerkbode

Raak ’n vriend van Kerkbode

Herinneringe van Hoop

Help om herinneringe te bewaar

Building Bridges

Bridging the gap between prisoners and the community

Maak ’n Dankoffer

Deel jou dankbaarheid deur ’n dankoffer

Hoekstene van Hoop

Bou saam aan geestelike huise

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms

Bybels vir Almal

Help om God se Woord in elke huis te bring

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap elke dag

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders

Laat ‘n Ligspoor

Laat kinders leef met lig, lag en liefde

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.