Boodskap vir Vandag

Search

Die God van rus

Op die sewende dag was God reeds klaar met die skeppingswerk en het Hy gerus na al die werk wat Hy gedoen het. Hy het die sewende dag as gereelde rusdag ingestel en dit geheilig … (Genesis 2:2-3).

Sorg dat jy die Sabbatdag heilig hou (Exodus 20:8).

Oor die jare heen het ons baie dinge oor die God van die Bybel gehoor.

Meesal was dit in die aktiewe werkwoordvorm: oor hoe God wérk, skép, hándel, bemoei, liéfde bewys, vergéwe en stráf.

Maar dat God ook kan rus, terugsit, die werk van sy hande in stilte kan betrag en geniet, soos ons in Genesis 2:2-3 verneem, is tog iets besonders, iets waaroor ‘n mens jou kan verwonder.

En nou, in Exodus 20, vra God dieselfde van ons. Of beter gestel: God gun soortgelyke rus aan ons as wat Hy geniet. Stel Hy selfs ‘n dag in waarop ons die rus mag beproef. Want daarsonder, sal ons minder mens wees. Sal die wonder van dinge – van die heelal, die natuur, ander mense en diere, maklik aan ons verbygaan.

Sonder dié rus, sal ons ook nie lus wees of die energie hê om ons werk met oorgawe en toewyding te doen nie. Sal ons dit ook nie geniet nie.

Om te mag rus van ons daaglikse werk, bly ‘n wonderlike gawe én ‘n verpligting.

Here, dankie vandag weer vir die gawe van te rus. Help ons om hierdie gawe nie te verwaarloos nie. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe teen die prys van ’n koppie koffie

Koorde vir die Koning

Laat lof weerklink met Christelike musiek

Kamera op die Kruis

Rig ander se fokus op die Here

Kinders van die Lig

Gee geloof en hoop aan kinders

Vriende van Kerkbode

Raak ’n vriend van Kerkbode

Herinneringe van Hoop

Help om herinneringe te bewaar

Building Bridges

Bridging the gap between prisoners and the community

Maak ’n Dankoffer

Deel jou dankbaarheid deur ’n dankoffer

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap elke dag

Laat ‘n Ligspoor

Laat kinders leef met lig, lag en liefde

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.