Boodskap vir Vandag

Search

Die gróót waarheid

Toe het die Here geantwoord: “Ek vergewe hulle, soos jy gevra het.” (Numeri 14:20).

In die boek Numeri hoor ons dit: So voortdurend en knaend soos Israel kla en sug, net so gereeld en knaend keer God terug om hulle by te staan en te red.

Dit blyk veral wanneer die volk hulle eie dwaasheid en sonde genadiglik besef. En Moses boonop vir hulle intree (Num 14:13-20, Num 21:7-9).

In dié opsig is dit byna asof God sy volk se ongeduld en ondankbaarheid telkens met sy geduldige liefde en trou kom oortroef, met sy onvoorwaardelike vergifnis en barmhartigheid.

Dit bly tog merkwaardig.

En tog is dít die blye boodskap van die Bybel – die gróót waarheid wat ons staande kan hou, wat maak dat ons télkens weer mag opstaan, wéér mag begin, nóóit hoef te wanhoop nie, áltyd weer met vertroue en sonder onnodige skuld en skaamte kan gaan leef.

In die Nuwe Testament kry hierdie trou van God boonop ‘n gesig – die gesig van Jesus Christus. In en deur Hom mag ons vandag met sekerheid weet: Al is ons ook ontrou, Hy blý getrou.

En al beskuldig ons gewete ons ook hoé, God se genade is méér as wat ons gewete ons vertel. God weet alles (1 Joh 3:21).

Here, onse Here, ons buig vandag alleen in nederige dankbaarheid voor U – U wat nooit ophou om ons te soek nie, U wie se genade altyd genoeg is. Amen

Carel Anthonissen

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.