Boodskap vir Vandag

Search
Close this search box.
Search

Steeds die moeite werd

Die Sondagmôre baie vroeg kom hulle by die graf aan net toe die son opkom (Markus 16:2).

Die evangelis Markus het ‘n interessante manier waarop hy die verhaal van Jesus se terugkeer uit die dood aan ons vertel.

Hy laat die vroue wat na aan Jesus geleef het as eerste getuies van hierdie unieke gebeurtenis optree.

Wat sy verhaal merkwaardig maak, is dat vroue in die tyd van Jesus nie juis geag of gerespekteer was nie. Wat nie beteken het dat hulle getuienis noodwendig onwaar, onbetroubaar of vals was nie. Inteendeel, juis die feit dat Markus hulle ervaringe so pertinent vermeld, wys dat daar – ten minste vir hom – veel daarin gesteek het.

En dat hy hulle uiteindelike storie met groot erns bejeën het.

Hierdie feit word boonop gestaaf deur die feit dat Markus nie huiwer om hulle name een na die ander te noem nie – Maria Magdalena en Maria, die ma van Jakobus en Salome. Markus het hulle almal goed geken en duidelik groot gewig aan hulle ervarings verleen.

Daarom bly dit vandag steeds die moeite werd om Markus 16 met groot aandag te lees en goed oor hierdie merkwaardige eerste getuienis van die vroue na te dink.

Here, dankie vir die getuienis van mense wat ons geloof in Jesus se opstanding opnuut vandag kan versterk. Help ons om met geloof daarna te luister. Amen

Carel Anthonissen

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.

Daaglikse Inspirasie

Die Boodskap vir Vandag-app is nou beskikbaar vir jou selfoon.
Installeer dit vandag nog.