Boodskap vir Vandag

Search
Close this search box.
Search

As God bestaan, is alles moontlik!

En nou verkondig ons aan julle die goeie boodskap dat God die belofte aan die voorvaders vir ons, hulle nageslag, vervul het deur Jesus uit die dood te laat opstaan (Handelinge 13:32-33).

Op die vraag of ‘n mens vandag werklik nog aan ‘n lewe ná die dood kan glo, antwoord ‘n bekende teoloog interessant.

Sy antwoord lui: “Glo jy dat God bestaan? Want as God bestaan, raak alles moontlik. Ook ‘n lewe ná die dood.”

Inderdaad is dit ‘n antwoord wat ons in hierdie tyd van Pase waar ons die opstanding van Jesus uit die dood herdenk, opnuut moet oorweeg.

Dit selfs met nuwe hoop, geloof en vreugde kan omhels.

Want dat Jesus uit die dood opgestaan het, beteken dat die graf nie langer die laaste baken van ons lewe is nie. Nee, in Hom – wat, aldus Johannes, die Opstanding en die Lewe is (Joh 11:25-26 – het ons ook nou die vooruitsig van ‘n lewe ná die dood.

En dit alles omdat Gód leef en Jesus, as die eersteling uit die wat gesterf het (1 Kor 15:20), uit die dood opgewek het.

Luister net hoe Paulus, byna tot vervelens toe, daarvan in Handelinge 13:26-41 getuig.

Here, wat ‘n troos om te weet dat U opgewek is uit die dood. En dat ons daarom ook mag deel in ‘n lewe ná die dood. Amen

Carel Anthonissen

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.

Daaglikse Inspirasie

Die Boodskap vir Vandag-app is nou beskikbaar vir jou selfoon.
Installeer dit vandag nog.