Boodskap vir Vandag

Search
Close this search box.
Search

Dít verander die gesig van ‘n gemeenskap.

Niemand het sy goed net vir homself gehou nie, maar hulle het alles met mekaar gedeel (Handelinge 4:32).

In Handelinge 4:32-37 hoor ons iets merkwaardigs van die eerste gemeente – iets wat in skerp kontras met die profiel van ons eie samelewing staan.

Dit is naamlik dat niemand, ondanks groot sosiale, maatskaplike asook kulturele verskille, gebrek gely het nie. Almal het genoeg gehad om van te leef.

Merkwaardig! En tog was die rede hiervoor eenvoudig: Mense was bereid om te deel, selfs al het dit beteken dat hulle al hulle eiendom moes verkoop.

Eenvoudig? Allermins, tensy iets groters as jou eie belang, voorspoed en sekuriteit jou dryf en motiveer. Wat presiés in die gemeente gebeur het. Hulle geloof in die opstanding van Jesus het vars hoop, nuwe krag en groot genade in hulle lewe ontsluit (Hand 4:33).

Iets wat hulle onmoontlik vir hulleself kon hou.

Wat die vraag laat ontstaan: Ken ons dié soort lewe, dié soort offers? Wéét ons dat dit ‘n verskil aan die gesig en stemming van ‘n hele gemeenskap kan maak.

O Here, vergewe ons ons selfsug en gierigheid. Maak ons méér mededeelsaam sodat ons samelewing kan verander. Amen

Carel Anthonissen

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.

Daaglikse Inspirasie

Die Boodskap vir Vandag-app is nou beskikbaar vir jou selfoon.
Installeer dit vandag nog.