Boodskap vir Vandag

Search

Die liefde is prakties

Wie vir God liefhet, moet ook sy broer liefhê (1 Johannes 4:21).

Náás sy herinnering dat egte liefde van God kom, maak Johannes ook ‘n tweede punt oor die liefde.

Dit is naamlik dat die liefde sigbaar en konkreet uitgeleef moet word.

Trouens, die liefde toon sy egtheid en waarde presies dáárin – dat ons, soos Christus, ons liefde deur konkrete en praktiese dade aan ander sal bewýs.

Té veel het Johannes, net soos in ons tyd, dit gesien hoe mense hoog opgee oor hulle geloof in God en God se liefde. Net om dit met woorde en dade van ongeduld, vooroordeel, liefdeloosheid en selfs haat te weerspreek.

Dit mág nie. Dit rym nie met ‘n lewe wat aan God gewy is nie. Want wie bely dat hulle God liefhet, respekteer en help hulle medemens.

Moeder Teresa gee in hierdie opsig twee waardevolle wenke. Hulle lui: “Ontmoet ander mense altyd met ‘n glimlag, want dit is die begin van liefde”, en “Versprei die liefde op só ‘n manier dat almal wat jou ontmoet, gelukkiger van jou af weggaan”.

Voeg daarby nog die teoloog, Paul Tillich, se uitspraak dat die liefde se vernaamste plig die vermoë behels om eers te luister, dan sien ons reeds iets van hierdie praktiese aard van die liefde.

Ook wéét ons dan: Om met liefde te leef, is miskien nie só moeilik nie.

O Here, gee ons vandag daardie vrolike gees, ja, die spontane glimlag wat ander se lewe ten goede kan verander. Amen

Carel Anthonissen

Vriende van Kerkbode

Raak ’n vriend van Kerkbode

Herinneringe van Hoop

Help om herinneringe te bewaar

Building Bridges

Bridging the gap between prisoners and the community

Maak ’n Dankoffer

Deel jou dankbaarheid deur ’n dankoffer

Hoekstene van Hoop

Bou saam aan geestelike huise

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms

Bybels vir Almal

Help om God se Woord in elke huis te bring

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap elke dag

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders

Laat ‘n Ligspoor

Laat kinders leef met lig, lag en liefde

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.