God is liefde; wie in die liefde bly, bly in God en God bly in hom (1 Johannes 4:16)
Nog ‘n paar laaste gedagtes oor wat die liefde alles behels.
En wat dit prakties beteken om, aldus die apostel Johannes, in die liefde te bly en só ‘n woonplek, ja, self ‘n staanplek vir God in ons lewe asook in die harde wêreld rondom ons te help skep (1 Joh 4:16).
Pragtig verwoord Anne Landers die geheime oorspronge van die liefde en waarheen dit ons oral neem:
“Love is a friendship that has caught fire. It is quiet understanding, mutual confidence, sharing and forgiving. It is loyalty through good and bad times.”
En tog moet ons heeltyd weet: Hierdie liefde wat begrip, vertroue, vergifnis en lojaliteit behels, vra voortdurende dissipline, toewyding en harde werk. Soos met ‘n plant of blom, moet ons dit bly koester en versorg. Toesien dat dit gesond bly en gedurig kan uitspruit en blom.
Die bekende sanger, John Lennon, het dit mooi opgesom: “Love is the flower you’ve got to let grow.”
Here, gee ons vandag die moed om in u liefde te bly; ja, om die blom wat die liefde is, te bly koester en versorg. Amen
Carel Anthonissen