Boodskap vir Vandag

Search

Dra saggies …

Ek verbly my oor die aankoms van Stefanas, Fortunatus en Agaïkus … Hulle het my gees verkwik en ook julle s’n (1 Korinthiërs 16:17-18).

Ernst van Heerden se roerende gedig “Aan die verhuisingsmanne” is ‘n oproep aan ons almal – ja, ook ‘n gebed aan die gode – om versigtig te werk met hulle wat deur swaar tye gaan.

Hulle wat die pyn, trauma en hartseer van oorgang, verandering en rampspoed moet verwerk.

Want mense, so voer van Heerden aan, is broos en kwesbaar. Pragtig verwoord hy dit: “… die hart se porselein is broos en tot veel seer en kwesbaarheid geneig: die kratte van ‘n lewe kan so maklik breek.”

Vandaar sy stille oproep: “Dra saggies dan …” Oor en oor herhaal hy dié versugting, dié refrein.

O, hoe belangrik en nodig is hierdie oproep nie vandag nie –dat ons saggies sal dra, saggies sal omgaan met onsself, ons familie, ons vriende en veral ook die vreemdeling wat so onbekend en dikwels so bedreigend om ons dool.

Want ons samelewing is meesal hard en ongenaakbaar – selfs brutaal.

O Here, maak vandag van ons mense wat saggies aan ander se lot dra en só hulle gees help verkwik. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe teen die prys van ’n koppie koffie

Koorde vir die Koning

Laat lof weerklink met Christelike musiek

Kamera op die Kruis

Rig ander se fokus op die Here

Kinders van die Lig

Gee geloof en hoop aan kinders

Vriende van Kerkbode

Raak ’n vriend van Kerkbode

Herinneringe van Hoop

Help om herinneringe te bewaar

Building Bridges

Bridging the gap between prisoners and the community

Maak ’n Dankoffer

Deel jou dankbaarheid deur ’n dankoffer

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap elke dag

Laat ‘n Ligspoor

Laat kinders leef met lig, lag en liefde

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.