Boodskap vir Vandag

Search
Close this search box.
Search

‘n Gawe wat ons lewe kan verkwik

Die vermoë om hoopvol en positief te bly wanneer alles om ons in duie stort – soos die geval met Israel in die ballingskap – kom nie altyd vanself nie.

Dit is ‘n gawe waarvoor ons gedurig moet bid en waarop ons elke dag met groot geduld en vertroue moet wag.

Want op ‘n dag – dikwels wanneer ons dit die minste verwag – kan dit gebeur dat die son weer oor ons begin skyn, dat nuwe moontlikhede vir ons oopspring, nuwe vreugdes opdaag. En dan moet ons gereed wees om hulle met dankbaarheid te ontvang.

Dat hierdie belofte nie goedkoop wensdenkery is nie – ook hiervan vertel Esegiël 37:1-28 ons. Van hoe God, selfs sonder dat Israel daarvoor gevra het – bloot omdat God barmhartig is – op ‘n dag weer met genade ingegryp het in hulle lewe. En deur sy Gees, nuwe lewe en hoop in hulle verslae harte geblaas het.

En hulle so uit hulle spreekwoordelike graf kom red het. Sodat hulle skielik besef het: ‘n Hoër hand, die God van ons voorvaders, was met ons besig (Eseg 37:11-14).

Pinkster verkondig dat hierdie geskiedenis van onverwagse en onverdiende genade iets is waarin jý ook vandag deel kan hê. Jy moet alleen, amper soos met ‘n blom wat na die son gekeer is, daarheen draai.

Ja, toelaat dat dit aanraak en jou lewe verander én verkwik.

Here, dit troos ons om te weet dat u Gees gereed is om nuwe lewe in ons verslae harte te blaas. Help ons om hierdie lewe vandag weer met dankbaarheid te ontvang. Amen

Carel Anthonissen

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.

Daaglikse Inspirasie

Die Boodskap vir Vandag-app is nou beskikbaar vir jou selfoon.
Installeer dit vandag nog.