Boodskap vir Vandag

Search
Close this search box.
Search

Hierteen moet ons opstaan

Maak ‘n end aan al die bose dade van die goddelose mense. Stel tog die onskuldige in die gelyk. U wat die mens deur en deur toets, U is die regverdige God (Psalm 7:10).

Wie weet dat alles – ons kosbare aarde en die mense daarop – aan God behoort, moet ook altyd daarmee rekening hou dat daar mense is wat dit nie so sien nie.

Mense wat oor ons planeet wil heers asof dit hulle eksklusiewe reg en eiendom is.

En wat daarom nie omgee hoe hulle daarmee handel nie. Wat dit sonder enige gewete sal plunder, vertrap, besoedel en selfs vernietig. Solank as wat hulle in dié proses meer wins kan maak en meer voordele vir hulleself kan beding.

En dit gewoonlik ten koste van ander – selfs die onskuldige diere van die veld.

In die Bybel word hierdie soort optrede sonder skroom as boos en goddeloos beskou – optrede wat nie alleen die aarde en sy kosbare bronne in gevaar stel nie, maar ook baie ander se lewe ontwrig, verarm en vernietig.

Wie die aarde vir ‘n volgende geslag wil bewaar, sal hierteen moet opstaan.

Ook al verg dit leeuemoed en groot opofferings.

O Here, gee ons vandag die moed om ter wille van ‘n volgende geslag teen onreg op te staan, ook al verg dit groot opofferings. Amen

Carel Anthonissen

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.

Daaglikse Inspirasie

Die Boodskap vir Vandag-app is nou beskikbaar vir jou selfoon.
Installeer dit vandag nog.