Boodskap vir Vandag

Search
Close this search box.
Search

Gebed sonder religie

Sing ‘n nuwe lied tot eer van die Here, sing tot eer van die Here, almal op aarde (Psalm 96:1).

Onlangs tydens ‘n oorsese besoek nooi Duitse vriende my saam na ‘n bekende internasionale jazz-fees in Hamburg.

Synde geen natuurlike jazz-liefhebber of -kundige nie, was ek aanvanklik onseker of ek moes gaan. Maar die nuuskierigheid het my uiteindelik oorrompel en gedwing om mee te doen.

En wat ‘n verrassing was dit nie!

Dit was veral die wêreldbekende Joodse klarinetspeler, Giora Feidman, wat letterlik my voete onder my lyf uitgespeel het. En my bewus gemaak het van rykdomme in die wêreld van musiek wat ek nie geken het nie.

Feidman is nie net ‘n musikale virtuoos nie. Hy is ook ‘n soort filosoof. Elke nou en dan onderbreek hy sy optrede om met sy gehoor te praat en wyshede te deel. Soos onder andere dat sekere mense speletjies van geweld en pyn speel, terwyl hulle wat musiek maak, die spel van gemeenskap en liefde speel.

Goeie en mooi musiek, so merk hy aan die einde van sy konsert op, is niks anders as gebed sonder religie nie.

Sjoe, wat ‘n diepsinnige en aangrypende opmerking!

Here, dankie vandag weer vir die baie maniere waarop musiek ons harte oopmaak vir iets groters as onsself – ja, vir U! Amen

Carel Anthonissen

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.