Boodskap vir Vandag

Search
Close this search box.
Search

Die waarmerk van volwassenheid

Laat dit aan ander oor om jou te prys, moet dit nie self doen nie (Spreuke 27:2).

Dan sal ons, sy kerk, soos ‘n volgroeide mens wees, so volmaak en volwasse soos Christus (Efesiërs 4:13).

Die befaamde Joodse jazz-musikant, Giora Feidman, is nie net ‘n uitstaande klarinetspeler en skerpsinnige filosoof nie.

Hy is ook ‘n fyn beskaafde en grootmoedige mens.

In sy konserte kom dit duidelik na vore. Hoewel hy die hoofster is vir wie almal kom luister, word hy tydens sy vertoning bygestaan en begelei deur drie ewe uitstekende jong musikante: ‘n tjellis, basviolis en ghitaarspeler.

Feidman sou hulle op die agtergrond kon hou, Maar nee, ná elke lied tree hy terug en lei hy die applous ook na hulle toe. Trouens, tydens die konsert gee hy ruim geleentheid dat elkeen van hulle ook hulle talente voluit kan uitstal.

En al drie is só goed dat jy soms die indruk kry dat hulle selfs méér applous as die 76-jarige Feidman uitlok. Maar dit pla of bedrieg Feidman geensins nie. Hy wéét wie hy is. Hy hoef homself nie te prys nie. Hy laat dit aan ander oor.

Want hy dra die waarmerk van ‘n volwasse persoon. Die soort mens waartoe Paulus ons in Efesiërs 4:13 aanmoedig om in Christus te groei.

Here, gee ons vandag daardie volwassenheid wat ruimte en erkenning aan ander gun. Amen

Carel Anthonissen

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.