Boodskap vir Vandag

Search

God se weë is hoër

Wat sou ek, Dawid, nog verder vir U kon sê? U ken immers u dienaar, Here. U het hierdie groot ding gedoen omdat dit u besluit en wil was … Daarom, groot is U, Here my God! Daar is niemand soos U nie (2 Samuel 7:20-22).

Ons lewe loop nie altyd soos ons dit beplan of voorsien het nie.

En dit is nie altyd so as gevolg van omstandighede, of as gevolg van ons eie of ander se kortsigtige en dikwels slegte keuses nie.

Nee, vir die gelowige lê dit baie keer ook daarin dat God self soms ander planne vir ons lewe het as wat ons bedink of gedroom het. Dit lê daarin dat God se weë – in die woorde van ‘n bekende Afrikaanse geestelike lied – eenvoudig hoër as ons s’n is.

Dat God, waar ons weë vasgeloop is, of selfs in ons eie oë goed lyk, beter weë vir ons in gedagte het. Paaie waarop ons God mag vertrou dat Hy ons sal blý dra, selfs al weet ons nie waarheen hierdie paaie ons neem nie. Selfs al voel ons bang daarop, alleen en verlate.

Hoe mooi sien ons nie hierdie waarheid in die week se teks, 2 Samuel 7, nie. Dawid wil graag vir God ‘n beter huis van sederhout bou, maar God wil dit nie op daardie oomblik nie. Want God het ander planne vir Dawid en sy nageslag in gedagte – planne wat uiteindelik beter en méér geseënd sou wees.

Sodat Dawid – en ons – uiteindelik net kan buig en uitroep: ”U is groot Here. Daar is niemand soos U nie” (2 Sam 7:22). Of dan in die woorde van die lied: “Here, heilige Here, u weë is hoër as myne.” En voortvloeiend: “Laat u weë ook myne word.”

Mag ons die krag kry om vandag weer só te bid.

Here, heilige Here, u weë is hoër as myne. Here, heilige Here, laat u weë ook myne wees. Amen

Carel Anthonissen

Vriende van Kerkbode

Raak ’n vriend van Kerkbode

Herinneringe van Hoop

Help om herinneringe te bewaar

Building Bridges

Bridging the gap between prisoners and the community

Maak ’n Dankoffer

Deel jou dankbaarheid deur ’n dankoffer

Hoekstene van Hoop

Bou saam aan geestelike huise

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms

Bybels vir Almal

Help om God se Woord in elke huis te bring

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap elke dag

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders

Laat ‘n Ligspoor

Laat kinders leef met lig, lag en liefde

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.