Boodskap vir Vandag

Search

‘n Skokkende verhaal

Amnon wou nie na haar luister nie. Hy het gepak en verkrag (2 Samuel 13:14).

Een van die skokkendste verhale in die Bybel, bly die verkragting van Dawid se dogter, Tamar, deur haar stiefbroer, Amnon.

Die eerste skok is wanneer ons lees hoe ‘n vriend, wat boonop ‘n naby-familielid was, ‘n plan vir Amnon help beraam om Tamar te verlei (2 Sam 13:5).

Hierna volg Amnon se eie brutale optrede, wanneer hy Tamar onder valse voorwendsels sy kamer binnelok en dan teen haar wil eenvoudig gryp, verkrag en daarná boonop verag (2 Sam 13:8-15).

Amper nog erger is koning Dawid se reaksie. Want behalwe dat hy hom laat mislei en uiteindelik onbewustelik saamspeel in die haatlike set teen sy dogter (2 Sam 13:6-7), talm hy om ná die tyd in te gryp en reg te laat geskied. Hy is wel kwaad, maar hy doen niks nie (2 Sam 13:21).

Haar broer Absolom ontferm hom uiteindelik oor sy suster (2 Sam 13:20).

Maar só tragies is die lewe soms. En ons mag diegene, met name daardie vroue en kinders wie se lewe soos Tamar s’n op dié manier tot wrak gemaak is (en steeds word), nooit vergeet nie.

Vrouedag wat eerskomende Sondag gevier word, bied ‘n geleentheid om hierdie aaklige dinge wat met vroue gebeur, in gedagte te roep en daarteen op te staan.

O Here, onthou tog vandag almal wat ly en swaarkry – veral daardie vroue en kinders wat daagliks mishandel en verkrag word. En help ons om in u Naam voortdurend daarteen op te staan. Amen

Carel Anthonissen

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.