Boodskap vir Vandag

Search

Om sy liggaam en bloed te kou

Die Jode het toe onder mekaar begin stry en gesê: “Hoe kan hy sy liggaam vir ons gee om te eet?” (Johannes 6:52).

Ek wonder wat ons sou gedoen het as Jesus ons sou konfronteer met dié woorde: “As julle nie die liggaam van die Seun van die mens eet en sy bloed drink nie, het julle nie die lewe in julle nie” (Joh 6:53).

Behalwe dat die woorde kru en weersinwekkend is – dit beteken letterlik om soos ‘n dier voer te kou – klink dit absurd en onmoontlik. Geen wonder die Jode het onmiddellik daaroor onder mekaar gestry nie (Joh 6:52).

En toe weggeloop van Jesus.

Miskien het hulle tóg later gesnap wat Jesus bedoel het. Naamlik dat die ware lewe in geméénskap met Hom begin. Dit is in navolging van sý weg, sý droom, sý wense vir ons. Wat beteken dat ons lewe soos syne ‘n lewe van liefde en opoffering, van respek en vergifnis teenoor alle mense, ook ons vyande, sal wees.

Wat weer beteken dat ons ons eie selfsugtige belange, ambisies en drome moet opskort, ja, aan Hom moet oorgee. Sodat Hy ons deur sý Gees kan omvorm. Ons deel kan maak van sý droom.

Wat nogeens beteken dat Hy nou die middelpunt van ons lewe sal wees. En wie wil dit nou? Geen wonder die Jode, en miljoene daarna, het aanstoot geneem nie.

O Here, laat ons ook maar bely: Om van U deel te word, ons lewe en belange in navolging van U op te offer, is vir ons swaar. Leer ons vandag opnuut hoe om die ware lewe daarin te ontdek. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe teen die prys van ’n koppie koffie

Koorde vir die Koning

Laat lof weerklink met Christelike musiek

Kamera op die Kruis

Rig ander se fokus op die Here

Kinders van die Lig

Gee geloof en hoop aan kinders

Vriende van Kerkbode

Raak ’n vriend van Kerkbode

Herinneringe van Hoop

Help om herinneringe te bewaar

Building Bridges

Bridging the gap between prisoners and the community

Maak ’n Dankoffer

Deel jou dankbaarheid deur ’n dankoffer

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap elke dag

Laat ‘n Ligspoor

Laat kinders leef met lig, lag en liefde

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.