Boodskap vir Vandag

Search
Close this search box.
Search

Hoe bereik ek Jesus?

Here, na wie toe sal ons gaan? U het die woorde wat ewige lewe gee (Johannes 6:68).

Christene en predikante sê maklik wanneer hulle Jesus as geheim van die lewe voorhou, dat mense alleen in Hom moet glo.

Of soos Jesus self gesê het: “Eet van my liggaam, drink van my bloed.” Dit beteken: leef in gemeenskap, ja, in noue en voortdurende kontak met my, soos met ‘n goeie vriend.

Maar hoe werk dit prakties?

Hoe begeef jy jou in ‘n verhouding met iemand wat 2 000 jaar gelede gesterf het? En wat daarop aanspraak maak dat Hy steeds leef en die sleutel tot egte lewe bied? Die Een wat vandag, sonder dat ons Hom fisies kan sien, volhou dat Hy ons geskiedenis in sy hande dra?

In Johannes 6 kry ons enkele leidrade wat ons miskien hiermee kan help.

Vir eers hoor ons dat Jesus as lewende brood aan ons gestuur of gegee is (Joh 6:32-33, 57-58). Ook dat niemand Jesus uit sy eie kan bereik of ken nie (Joh 6:44-45, 65). Deur die Heilige Gees – en dit bly ‘n diepe misterie – help die Vader ons vandag nog steeds om die Jood Jesus as die Heilige van God te herken en te aanvaar (Joh 6:63, 68-69). En om dan Jesus se woorde en lering as voedsel vir die siel te ontvang, voedsel wat nuwe lewe, insig en hoop kan skep.

Simon Petrus het dit beleef. Vandaar sy woorde: “Here, na wie toe sal ons gaan? U het die woorde wat ewige lewe gee. En ons glo vas en ons weet dat U die Heilige van God is” (Joh 6:68-69).

Hierdie Bybelse getuienis, so klink dit my, bemiddel vandag nog steeds die verlangde ontmoeting met Jesus.

En kom ons wees eerlik: Wat anders het ons?

Here, dankie vir u Woord en Gees waardeur ons U vandag beter kan leer ken en volg. Amen

Carel Anthonissen

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.

Daaglikse Inspirasie

Die Boodskap vir Vandag-app is nou beskikbaar vir jou selfoon.
Installeer dit vandag nog.