Boodskap vir Vandag

Search
Close this search box.
Search

Luister na die stemme van jou lyf

My hart jaag, my krag het ingegee, ek kan nie eers meer sien nie (Psalm 38:11).

Té veel spanning bly een van die groot faktore wat ons gesondheid kan bedreig en aftakel.

Die probleem is dat spanning soms só ongemerk en geleidelik in jou gestel opbou dat jy dit skaars bemerk. Of jy raak só gewoond daaraan dat dit normaal voorkom.

Ons kan dit ook só stel: Jy dink die spanning in jou lewe sit op ‘n lae en minder intense vlak waar jy dit maklik kan herken en beheer. Intussen sit dit op ‘n baie hoër en gevaarliker vlak as wat jy besef – een vanwaar dit op ‘n dag onverwags in angs, hartkloppings en ongewone moegheid kan uitbars.

Omrede die dinamiek van spanning só werk, is dit belangrik dat ons sal leer om goed na die verlerlei stemme van ons lyf te luister: sy subtiele ritmes, innerlike bewegings en wisselende gevoelens – almal goeie indikators van die vloeiende spanningsvlakke in ons lewe.

Miskien klink dit vreemd, maar ons geloof, en veral die stilte en rus waartoe dit ons moet beweeg, kan ons hierin help. Want dit is alleen wanneer ons as gelowiges voor God tot bedaring kom en fyner begin luister, dat ons duideliker kan begin onderskei en sien.

Ook wat betref die ongesonde spanninge in ons brose liggaam.

O Here, leer my om vandag weer fyn te luister na die taal van my eie lyf. Amen

Carel Anthonissen

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.

Daaglikse Inspirasie

Die Boodskap vir Vandag-app is nou beskikbaar vir jou selfoon.
Installeer dit vandag nog.