Boodskap vir Vandag

Search

Om te wandel in die waarheid

‘n Liggaam wat nie asemhaal nie, is dood. So is die geloof wat nie tot dade kom nie, ook dood (Jakobus 2:26).

Iemand het eenkeer hierdie belangrike en aangrypende opmerking gemaak.

Dit is dat die waarheid iets is wat jy nie heeltyd moet probeer debatteer of uitpluis nie. Nee, jy moet daaruit leef en daarin wandel. In Engels lui dit: “Truth is to be dwelt in, not to be debated.”

In ‘n sin vat hierdie eenvoudige sinsnede die hele boodskap van die Jakobus-boek vas.

Ons weet dit tog reeds: Hoe Jakobus die ongesonde verdeeldhede, opgeroep deur skewe oordele en pynlike diskriminasie, in die kerk van Christus moes bestry.

En hoe hy dit gedoen het deur oor en oor net een ding beklemtoon: Dit is dat gelowiges hierdie neiging tot onregverdige diskriminasie eenvoudig moes dood lééf, dit moes troef en oorkom deur positiewe dade van liefde, geduld en verdraagsaamheid. Sonder hierdie dade, so skryf hy, is ons beste pogings tot geloof nikswerd en leeg.

Dan raak ons belydenis vals, ons getuienis ongeloofwaardig, en word die kerk soos ‘n lyk wat besig is om te vergaan.

Is daar iets meer tragies wat met die kerk kan gebeur?

O Here, gee ons vandag die moed om te leef wat ons bely. Amen

Carel Anthonissen

Vriende van Kerkbode

Raak ’n vriend van Kerkbode

Herinneringe van Hoop

Help om herinneringe te bewaar

Building Bridges

Bridging the gap between prisoners and the community

Maak ’n Dankoffer

Deel jou dankbaarheid deur ’n dankoffer

Hoekstene van Hoop

Bou saam aan geestelike huise

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms

Bybels vir Almal

Help om God se Woord in elke huis te bring

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap elke dag

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders

Laat ‘n Ligspoor

Laat kinders leef met lig, lag en liefde

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.