Boodskap vir Vandag

Search
Close this search box.
Search

‘n Fontein van lewende water

Nee, die water wat Ek hom sal gee, sal in hom ‘n fontein wees met water wat opborrel en vir hom die ewige lewe gee (Johannes 4:14).

In sy verwysing na die slegte gebruik van ons tong, dit wil sê die negatiewe en neerhalende manier waarop ons dikwels oor en met ander praat, gebruik Jakobus ‘n interessante beeld.

Hy vergelyk hierdie optrede en misbruik van taal met ‘n fontein waaruit brak water opborrel (Jak 3:11).

Dié van ons wat brak water ken, sal weet dat dit nie alleen sleg en bitter smaak nie – dit les ook geensins die dors nie. Die aanhoudende blootstelling aan brak water kan op die lang duur selfs ʼn mens se gesondheid benadeel.

Nét so, so voer Jakobus aan, kan kwaadspreek, skinder en beledigende taal wat uit ons mond kom, ander benadeel en hulle waardigheid aantas.

Nee, mense wie se lewe deur Christus aangeraak en verander is, hulle sal – in die woorde van Johannes – soos ‘n fontein wees waaruit lewende water opborrel. Water wat nie net hulle eie dors sal les nie, maar ook die lewe van ander sal verkwik.

Veral deur die taal wat hulle gebruik.

O Here, verkwik weer ons lewe vandag met u woorde. En help ons om dieselfde vir ander te doen. Amen

Carel Anthonissen

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.