Boodskap vir Vandag

Search
Close this search box.
Search

Só eenvoudig is dit

Wat is beter as die regte woord op die regte tyd? (Spreuke 15:23).

Deur ons stem, ja, deur die taal wat ons praat – hetsy oor ‘n foon, deur middel van ‘n brief of in mondelinge gesprekke – stel ons onsself in die lewe van ander mense teenwoordig.

En afhangende van die inhoud, trant of toon van ons woorde, ja, die manier waarop ons taal, oftewel die tong gebruik (om aan te sluit by Jakobus se beeld in Jakobus 3), kan ons ander se lewe omkrap en ontwrig.

Of dit positief verryk en verruim.

Hóé laasgenoemde gebeur en hoe máklik dit kan wees, word mooi uitgedruk in ‘n kort gedig van die bekende medikus en oud-Springbokrugbyspeler, Ian McCallum.

Die gedig heet “As simple as that”:

C.C. called the other day.
It had been a long time.

‘Hi’ he said… ‘
I just wanted to hear your voice…
‘I just wanted to know you were there…’

It was as simple as that.

Ja, so eenvoudig is dit soms om deur ons taal, ons stem, ‘n eenvoudige, vriendelike oproep, dáár te wees vir mense.

En hulle lewe op te vrolik.

Here, gee ons vandag weer woorde om mense se lewe op te vrolik. Dit is tog nie moeilik nie. Amen

Carel Anthonissen

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.

Daaglikse Inspirasie

Die Boodskap vir Vandag-app is nou beskikbaar vir jou selfoon.
Installeer dit vandag nog.