Boodskap vir Vandag

Search

Ook dít word duideliker

Op ‘n dag het die hemelwesens voor die Here kom staan, en die Satan was ook onder hulle (Job 1:6).

In die eerste twee hoofstukke van die boek Job kry ons by wyse van spreek ‘n blik agter die skerms van Job se lewe waar hy self nie kon sien nie.

En dit is ‘n fassinerende prentjie, indien nie ontstellend nie.

Want of ons nou in die Satan glo of nie, wat ons hier hoor en sien, is dat daar méér kragte in ons geskiedenis aan die werk is as wat die oog kan bespeur. Of as waaroor ons selfs beheer het.

Van dié magte, so herinner die boek Job ons, is listig en boos en soek die aftakeling en ondergang van die goeie lewe wat God ons gun.

Gelukkig — en dit mag ons vandag ook glo — is daar ook goeie magte wat ons beskerm en dra. Ja, is daar ‘n God in die hemel wat ons goedgesind is en wat ons lyding en stryd ken. En wat, hoe donker die prentjie van ons lewe vandag ook al mag wees, ons nooit sal los of verlaat nie.

Ook dít, hiérdie troosvolle waarheid, word in die boek Job algaande duideliker

Here, hoe goed om te weet dat selfs wanneer ons die geskiedenis en u werke nie verstaan nie, ons wel mag glo dat U in beheer is. Help ons om uit dié wete te bly leef. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe teen die prys van ’n koppie koffie

Maak ’n Dankoffer

Deel jou dankbaarheid deur ’n dankoffer

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap elke dag

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms

Bybels vir Almal

Help om God se Woord in elke huis te bring

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.