Boodskap vir Vandag

Search
Close this search box.
Search

‘n Goeie vraag

Maar raak nou net aan sy besittings en kyk of Hy U nie in u gesig vervloek nie (Job 1:11).

‘n Mens sal moet toegee dat die vraag wat Satan in Job se verhaal gestel het, ‘n baie goeie vraag was.

Dit is ‘n vraag wat ook vir ons van groot belang is.

Dit lui eenvoudig: Waarom glo ons ten diepste in God? Is dit ter wille van die moontlike voordele wat dit vir ons mag inhou? Die beloftes van geluk, voorspoed en beskerming – selfs tot in die dood – wat dit aan ons bied?

Of is dit regtig ter wille van God alleen?

Sodat selfs wanneer alles wegval – my gesondheid, waardigheid, selfvertroue, finansiële sekuriteit, ja, selfs my vrou of my kinders – God alleen steeds genoeg is. Sodat ek soos die psalmdigter mag uitroep: “Ek behoort aan U, daar is vir my niks goeds nie behalwe by U … Here, U is my lewe, U sorg vir my” (Ps 16:2,5).

In Job se geval het die Bose beweer dat as Job gestroop sou word van alles waarmee God hom tot dusver geseën het, hy sou ophou glo. Selfs God sou vervloek.

Die vraag bly: “Is dit noodwendig so?”. En belangriker nog: “Hoe bly ‘n mens glo wanneer alles in duie stort en God afwesig, of selfs onverskillig blyk te wees?

Dít is die groot vrae waarmee Job uiteindelik moes worstel.

O Here, ons weet nie hoe ons sal reageer wanneer ons oordag, soos Job, alles moet verloor nie. Daarom wil vandag alleen by U kom skuil. Want U is ons lewe. Amen

Carel Anthonissen

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.

Daaglikse Inspirasie

Die Boodskap vir Vandag-app is nou beskikbaar vir jou selfoon.
Installeer dit vandag nog.