Boodskap vir Vandag

Search

Waar daar lewe is, is daar hoop

Maar in hierdie donkerte het ek nie stilgebly nie (Job 23:17).

Teen drie-uur het Jesus hard uitgeroep: “Eli, Eli, lemá sabagtani?” Dit is: My God, my God, waarom het U My verlaat (Matteus 27:46).

Ons ken almal die spreukwoord: “Waar daar lewe is, is daar hoop.”

Ons sien hierdie waarheid — gelukkig ook — in Job se lewe afspeel.

Want Job het alle rede gehad om te gaan lê, om moed op te gee. Om in sinisme en ongeloof te verval. Selfs die dood as uitweg te kies.

Maar hy doen dit nie. Hy bly kla, protesteer, worstel met God en met sy vriende. Veral wanneer hulle hom wil oortuig dat sy ellende sy eie skuld is, betwis hy dit.

Heftig, ononderbroke.

Wat méér is: Job daag God voor ‘n regbank, hy eis ‘n antwoord, selfs al doen hy dit met vrees (Job 23:6-7). Selfs al weet hy dat God waarskynlik nie sal opdaag nie.

En so bly Job klou aan die lewe, selfs al is dit met opstand en onder protes.

Wat weer wys: Ons mag maar kla, uitroep, stry, ‘n antwoord eis, daarop aandring dat God weer met ons praat. Jesus het dit ook gedoen (Matt 27:46).

Want ook Hý het ook geweet: “Waar daar lewe is, is daar hoop!”

O Here, ons roep weer na U vandag. Selfs al sien ons U nie. Help tog Here! Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe teen die prys van ’n koppie koffie

Koorde vir die Koning

Laat lof weerklink met Christelike musiek

Kamera op die Kruis

Rig ander se fokus op die Here

Kinders van die Lig

Gee geloof en hoop aan kinders

Vriende van Kerkbode

Raak ’n vriend van Kerkbode

Herinneringe van Hoop

Help om herinneringe te bewaar

Building Bridges

Bridging the gap between prisoners and the community

Maak ’n Dankoffer

Deel jou dankbaarheid deur ’n dankoffer

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap elke dag

Laat ‘n Ligspoor

Laat kinders leef met lig, lag en liefde

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.