Boodskap vir Vandag

Search

Die donker sel van eie lyding

Die Here het weer vir Job aangespreek uit die stormwind uit: “Maak jou reg vir die stryd: Ek sal vra, antwoord jy My” (Job 40:1-2).

God se harde antwoorde aan Job, soos wat dit deurklink in Job 38-42, het ook ‘n ander baie belangrike implikasie gehad.

Dit is dat ‘n mens eers werklik uit die donker tronksel van eie lyding ontsnap wanneer jy eg betrokke raak by die lyding van ander mense.

Dit was die gevaar van al Job se gekerm en gekla, dat sy lyding hom bly inkerker het in ‘n vorm van selfbeheptheid. Dit is daardie fanatiese sug om eie onskuld te staaf en só uit te wys dat God eintlik die onregverdige Een is.

Daarmee wou God Job nou help. Herdie uitbreek uit die benoude en verlammende kerker van eie smart en lyding en om vir ander mense te begin leef – dít was die eintlike stryd waartoe Job homself moes aangord (Job 38:3, 40:2).

Soos onsself weet, dit bly ‘n moeilike, maar noodsaaklike stryd.

Want mense het nie die kortstondige troos nodig van mense wat heeltyd ewe hard saam met hulle kla nie. Nee, ons het mense nodig wat, as jy besig is om te versink in ellende, lángs jou kan kom staan, maar dan met een voet steeds stewig op vaste grond geanker.

Daartoe moes Job – en natuurlik ons ook – bevry word.

Here, bevry ons vandag van ‘n sieklike vorm van klaagsug. Help ons om ander se nood eerste raak te sien. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe teen die prys van ’n koppie koffie

Koorde vir die Koning

Laat lof weerklink met Christelike musiek

Kamera op die Kruis

Rig ander se fokus op die Here

Kinders van die Lig

Gee geloof en hoop aan kinders

Vriende van Kerkbode

Raak ’n vriend van Kerkbode

Herinneringe van Hoop

Help om herinneringe te bewaar

Building Bridges

Bridging the gap between prisoners and the community

Maak ’n Dankoffer

Deel jou dankbaarheid deur ’n dankoffer

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap elke dag

Laat ‘n Ligspoor

Laat kinders leef met lig, lag en liefde

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.