Boodskap vir Vandag

Search

Sorg eers vir jouself

Mens, die Here het jou bekend gemaak wat goed is: Hy vra van jou dat jy reg sal laat geskied, dat jy liefde en trou sal bewys, dat jy bedagsaam sal lewe voor jou God (Miga 6:8).

‘n Bekende radiopersoonlikheid maak onlangs dié beproefde, belangrike opmerking.

Dit is dat daar twee dinge is wat ons roeping as mense uitmaak.

Die eerste is dat ons vir ander mense sal sorg. Die tweede is dat ons in die proses ook na onsself sal omsien.

Om hierdie twee opdragte in ‘n gesonde balans te hou, bly die kenmerk van ‘n gesonde, volwasse lewe.

‘n Mens sou die orde ook kon omkeer.

Dit is dat ons allereers vir onsself sal sorg vóórdat ons met liefde tot die lewe en nood van ander mense toetree.

Die rede daarvoor is nie ingewikkeld nie. Want wie eg vir hulleself leer sorg het, dit wil sê toegesien het dat hulle gees en liggaam gesond is, sal beter weet hóé om vir ander te sorg.

Om dit meer negatief te stel: Jy kan beswaarlik vir ander sorg, as jy nie allereers in voeling met jou eie komplekse en swakhede is en dit goed verwerk het nie.

En hiervoor moet ons dit waag om elke dag ootmoedig en bedagsaam voor God te gaan lewe.

Sodat ons beter sal weet wat dit beteken om reg te laat geskied en liefde en trou aan alle mense te bewys.

Here, leer ons daardie gesonde vorm van selfsorg, waarin ons nie net selfsugtig na ons eie behoeftes omsien nie, maar wat ons in staat stel om beter vir ander te sorg. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe teen die prys van ’n koppie koffie

Koorde vir die Koning

Laat lof weerklink met Christelike musiek

Kamera op die Kruis

Rig ander se fokus op die Here

Kinders van die Lig

Gee geloof en hoop aan kinders

Vriende van Kerkbode

Raak ’n vriend van Kerkbode

Herinneringe van Hoop

Help om herinneringe te bewaar

Building Bridges

Bridging the gap between prisoners and the community

Maak ’n Dankoffer

Deel jou dankbaarheid deur ’n dankoffer

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap elke dag

Laat ‘n Ligspoor

Laat kinders leef met lig, lag en liefde

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.