Boodskap vir Vandag

Search

Ons samelewing hunker na sulke mense

“Dit verseker Ek julle: Hierdie arm weduwee het meer ingegooi as al die ander mense wat iets in die offergawekis gegooi het …” (Markus 12:43).

Die tweede karakter in die verhaal van Markus 12:38-44 is minder opvallend as die skrifgeleerde.

Sy is ‘n brandarm weduwee.

Niemand sou haar raakgesien het as Jesus nie pertinent die lig op haar laat val het nie, haar nie uitgelig het uit die vaal, amorfe kultuur en bestaan van die massas nie.

Maar Jesus doen dit met ‘n rede.

Hiermee herinner hy ons aan die betekenis van ‘n lewe of ‘n daad van ware oorgawe en offerbereidheid, van só te vertrou op God se sorg en bystand dat jy alles, ja, eenvoudig álles, in sy hande plaas.

Want twee nikswerd muntstukkies, hoe ongelooflik dit ook al mag klink, was hierdie weduwee se ganse bestaan, haar volle bate.

En nou ruil sy haar sogenaamde gebrek in vir God se saak, sy koninkryk, sy diens, sy lof. Sodat Gód haar leeggemaakte lewe kan vul met ‘n groter oorvloed, ja, ‘n ander, meerdere rykdom.

Alleen wie Jesus se eie lewe van oorgawe en sterwe terwille van ons geluk kan peil, sal die daad van hierdie vrou enigsins begryp. Ja, dit selfs kan bewonder en beny.

Stem jy saam? Ons samelewing hunker vandag na mense wat só onselfsugtig en vry kan lewe!

O Here, maak ons vry soos hierdie arm weduwee. Gee ons vandag weer haar waagmoedige geloof. Amen

Carel Anthonissen

Vriende van Kerkbode

Raak ’n vriend van Kerkbode

Herinneringe van Hoop

Help om herinneringe te bewaar

Building Bridges

Bridging the gap between prisoners and the community

Maak ’n Dankoffer

Deel jou dankbaarheid deur ’n dankoffer

Hoekstene van Hoop

Bou saam aan geestelike huise

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms

Bybels vir Almal

Help om God se Woord in elke huis te bring

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap elke dag

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders

Laat ‘n Ligspoor

Laat kinders leef met lig, lag en liefde

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.