Boodskap vir Vandag

Search
Close this search box.
Search

Om weg te staan van die gedrang

Net by God vind ek rus, van Hom kom my redding (Psalm 62:2).

‘n Vriend wat jare lank getrou meegeleef het met die kerk, verklaar onlangs sy nuwe voorneme.

“Ek is nou by ‘n punt waar ek wil wegstaan van die gedrang van die kerk. Ek soek meer eenvoud en stilte,” so deel hy my mee.

Hoe ontstellend dit ook al mag klink, ek kom ál meer mense teë wat só voel. Mense wat nie onverskillig is nie. Wat steeds glo en wil meeleef. Maar wat tereg moeg geraak het van al die gedrang in die kerk, van die te véél – te veel projekte, komitees, vergaderings, besluite, en les bes: te veel woorde en preke.

Die kerk en die se leiers behoort kennis te neem van hierdie beswaar en die behoefte daaragter. Want in ‘n poging om by te hou by die eise en behoeftes van ons moderne wêreld, om sogenaamd relevant te wees, val die kerk dikwels onwetend in by ons samelewing se spoed, lawaai – en erger nog, die oppervlakkige waardes en patrone daarvan.

En dan raak die kerk ongelukkig nét so besig, nét so gedrewe en nét so besete soos al die ander.

En dit mag tog nie! Die kerk, veral die erediens, moet by uitstek ‘n plek van rus wees, ‘n ruimte waar ons in stilte God se beloftes van liefde, vergifnis en vrede kan hoor. Ook hierdie gawes met dankbaarheid kan ontvang

Om dit vandaar die wêreld in te neem.

Here, by U wil ons vandag weer kom rus. In u liefde wil ons wandel. Alleen so, dit weet ons nou, kry ons vrede in ons gemoed. Ek kan ons die samelewing beter bedien. Amen

Carel Anthonissen

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.

Daaglikse Inspirasie

Die Boodskap vir Vandag-app is nou beskikbaar vir jou selfoon.
Installeer dit vandag nog.