Boodskap vir Vandag

Search

Met onverdeelde toewyding

Maar ek is bang dat julle gedagtes weggelei sal word van die onverdeelde en suiwere toewyding aan Christus … (2 Korinthiërs 11:3).

Om weg te staan van die gedrang van die kerk, soos ‘n vriend van my onlangs besluit het, is in sy oë nie ‘n siniese of negatiewe daad nie.

Inteendeel, hy doen dit juis ter wille van ander mense.

En natuurlik ook om self as mens sinvoller te leef. Dus minder ingesluk deur die wêreld en sy eise. Ook deur die kerk se gedrang en die lawaai wat dikwels daarmee gepaard gaan.

Kortliks: My vriend staan weg van die kerk se gedrang ten einde stiller en oper, ja, ontvankliker te wees. En só meer bekwaam en beskikbaar vir diens.

Of nóg anders gestel: My vriend se besluit is ‘n keuse vir groter eenvoud. Om méér ingekeer, méér bewus, teenwoordig en gefokus te gaan leef. Of soos Paulus dit stel: Met onverdeelde en suiwere toewyding aan Christus (1 Kor 11:3). Sodat hy met beter oordeel, en veral met die deernis van Christus, by ander betrokke kan raak.

Soos hy dit stel: “I want to live simply so that others can simply live.”

Jy mag miskien hiervan verskil, maar dit klink na ‘n goeie voorneme.

Ook na wyse woorde.

O Here, gee ons vandag daardie eenvoud waardeur ons U en ander beter kan dien. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe teen die prys van ’n koppie koffie

Koorde vir die Koning

Laat lof weerklink met Christelike musiek

Kamera op die Kruis

Rig ander se fokus op die Here

Kinders van die Lig

Gee geloof en hoop aan kinders

Vriende van Kerkbode

Raak ’n vriend van Kerkbode

Herinneringe van Hoop

Help om herinneringe te bewaar

Building Bridges

Bridging the gap between prisoners and the community

Maak ’n Dankoffer

Deel jou dankbaarheid deur ’n dankoffer

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap elke dag

Laat ‘n Ligspoor

Laat kinders leef met lig, lag en liefde

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.