Boodskap vir Vandag

Search
Close this search box.
Search

‘n Enkele sin van bemoediging

Geseënd is jy onder die vroue en geseënd is die vrug van jou moederskoot! (Lukas 1:42).

Onlangs kyk ek weer na die gewilde Sweedse rolprent “As it is in heaven”.

Dit die verhaal van die musikant Daniel Dareus wat terugkeer na die dorp van sy kinderjare om daar van siekte te herstel. En dan betrokke raak by die wel en weë van ‘n plaaslike kerkkoor.

Een van die talle mooi tonele is wanneer hy kort ná sy aankoms genooi word om teen sy eie wense en wil na die koor te kom luister. Om só hulle standaard en meriete te beoordeel.

Ná enkele minute saam, verlaat hy hulle plotseling. Maar nie voordat hy nie hierdie kort, amper onbeduidende woord agtergelaat het nie: “Much of what I have heard, is very nice!”

Hierdie enkele sin was egter genoeg om die koor met blydskap te laat jubel. Hulle nuut te inspireer en te laat glo in hulleself. Trouens, hierdie enkele woorde word ‘n platform van hoop, die basis vir ‘n unieke verhouding en reis wat hierna sou ontwikkel.

Wat weer bewys hoe kragtig een woord, een enkele sin van bemoediging kan wees. En dat ons dikwels nie méér nodig het om nuwe verwagting, hoop en inspirasie in ons eie en ander se lewens te skep nie.

Laat ons, veral tydens Advent, nie sulke woorde van seën onderskat of nalaat nie.

Here, dankie vir woorde van seën en bemoediging wat soms so onverwags oor ons pad kom. Help ons om dit met blydskap te ontvang en dit ook aan ander te gun. Amen

Carel Anthonissen

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.