Boodskap vir Vandag

Search

Die ware blydskap is nie goedkoop nie

Sing, Sion! Juig, Israel! Wees met alles wat jy is, vrolik en bly, Jerusalem! (Sefanja 3:14).

Die derde week van Advent wat ons eerskomende Sondag vier, staan bekend as “gaudete”, wat letterlik beteken: “Wees bly!”

Die meeste van die Skrifgedeeltes vir die week – en gaan lees hulle gerus: Filippense 4:4-6, Jesaja 12:2-6, Sefanja 3:14-20 – bevat hierdie duidelike oproep.

Tog is dit nie aldag so maklik om hierdie oproep na te volg nie. Veral nie wanneer alles teen jou begin draai nie. Of dinge met jou gebeur wat jou kru en blatant van jou vreugde beroof nie.

Tereg vra ‘n iemand dan ook: “Wat van die slegte dae? Hoe kan ons bly te wees wanneer ons harte gebreek is? Hoe sing ons liedere van vreugde wanneer wanhoop, uitputting of angs ons lewe en uitsig verduister?”

Miskien moet ‘n mens eers langer hierby vertoef, hierdie vrae eerliker in die oë kyk, voordat jy ander (en jouself) summier oproep en tot blydskap aanpraat.

Want die ware blydskap is nie goedkoop nie.

Dit kom allermins maklik.

O Here, U vra van ons dat ons bly moet wees, elke dag! Vergewe ons wanneer ons daarmee sukkel. En leer ons met geduld wat ware blydskap is. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe teen die prys van ’n koppie koffie

Maak ’n Dankoffer

Deel jou dankbaarheid deur ’n dankoffer

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap elke dag

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms

Bybels vir Almal

Help om God se Woord in elke huis te bring

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.