Boodskap vir Vandag

Search

Ons lewe is bestem tot vreugde

Hierdie eerste wonderteken het Jesus in Kana in Galilea gedoen. Hy het daardeur sy heerlikheid laat blyk, en sy dissipels het tot geloof in Hom gekom (Johannes 2:11).

Die verhaal van Jesus water wat in wyn verander het (Joh 2:1-11), is ons teks vir die week. Die bevat ‘n kragtige boodskap.

Dit is dat ons lewe, hoe broos en tragies ook al, tot oorvloed en vreugde bestem is.

Stel u net voor die teleurstelling en ontnugtering, selfs die wanhoop en paniek, toe die nuus begin deurfilter het dat die wyn gedaan was. Dit moes beslis ‘n groot demper op die feestelike stemming in Kana geplaas het.

En dan kom Jesus om die vreugde te red, om die kanne vol reinigingswater in smaaklike wyn te verander. Johannes beskryf hierdie handeling van Jesus as sy eerste wonderteken. Waarmee hy wou sê: Hiérvoor het Jesus gekom, hiérvoor was Hy bestem, dit was sy roeping.

Om ons lewe wat dikwels so saai en smaakloos is, met nuwe moontlikhede, nuwe geleenthede en nuwe entoesiasme te vul. Ja, met ‘n nuwe sprankel en veral oorvloedige hoop en blydskap. Want dít was die groot simboliese waarde van wyn.

Mag hierdie vreemde verhaal, net soos met die dissipels van destyds, ook ons geloof versterk — veral ook ons stemming vir die nuwe jaar bepaal.

O Here, dankie vir hierdie herinnering vandag dat ons lewe tot vreugde en blydskap bestem is. Help ons tog om dit te bly glo. Amen

Carel Anthonissen

Vriende van Kerkbode

Raak ’n vriend van Kerkbode

Herinneringe van Hoop

Help om herinneringe te bewaar

Building Bridges

Bridging the gap between prisoners and the community

Maak ’n Dankoffer

Deel jou dankbaarheid deur ’n dankoffer

Hoekstene van Hoop

Bou saam aan geestelike huise

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms

Bybels vir Almal

Help om God se Woord in elke huis te bring

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap elke dag

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders

Laat ‘n Ligspoor

Laat kinders leef met lig, lag en liefde

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.